Verskaffers van landboutoerusting vir die aartappelbedryf

Inligtingsblad

Supreme Spares is 'n goedgekeurde verskaffer van Dormas en Grimme landboutoerusting en onderdele.

Ons voorsien alle tipes landbou onderdele asook toerusting vir gebruik in die aartappel boerdery.

Agtergrond

Die ewige soeke na onderdele en ontevredenheid oor dienslewering in die gebied het grotendeels bygedra tot die stigting van Supreme Spares.
Die eerste Grimme aartappel uithaler in die Christiana area is gelewer aan die plaas waar ek destyds werksaam was - soos 'n klein seuntjie met nuwe speelgoed het my voorliefde vir Grimme toerusting ontwikkel!
Ek was ook bevoorreg genoeg om die Grimme fabriek in Duitsland te kon besoek en het daardeur verdere waardevolle ondervinding opgedoen aangaande Grimme toerusting en onderdele.

Ons missie is om kwaliteit diens en onderdele aan die bedryf te lewer deur ons noodvoorraad depot wat 'n reeks Grimme en Dormas onderdele dra.

Supreme Spares is 'n trotse verteenwoordiger van Dormas, wat op hul beurt die verspreider van Grimme toerusting in Suid Afrika is.

As addisionele diens aan boere in die omgewing adverteer ons ook tweedehandse trekkers en implemente.  Besoek gerus die "Dienste" skakel links of onderaan die blad vir die huidige "snuffelgids".

Christo Cruywagen

Operasionele Gebied

Supreme Spares is gebasseer in Christiana en ons diensarea strek oor groot dele van die Noordwes, Wes Vrystaat en Noordkaap provinsie Noord van die Oranjerivier.



Vergroot Supreme Spares landkaart